Family friendly

Dwarshout - die Konsert

Sun Apr 4, 17:00 - Sun Apr 25, 18:15

Event is online

ABOUT

Sangeres, komponis en vervaardiger, Lizanne Barnard se nuwe album DWARSHOUT bestaan uit 13 toonsettings van liedtekste deur Prof Hans du Plessis en Prof Bernard Odendaal. Dié materiaal is omskep in 'n eiesoortige, kontemporêre interpretasie van die Paasgebeure met musiek en teks.


Die 25-jarige Pyjama Shark werk in hierdie produksie saam met Barnard en die sinergie tussen dié twee sangers/musikante is magies en tasbaar.


Temas soos die Kruispad, die bittere wroeging van Maria, die ma van Jesus en die dissipel, Johannes wat toekyk hoe hulle geliefde seun en vriend aan 'n kruis moet sterf en ook woorde van Jesus self word in alle eenvoud, eerlikheid en deursigtigheid aangebied in hartroerende melodieuse komposisies.


Die eerste violis van die Johannesburgse Festival Orchestra, Camelia Onea, maak 'n onvergeetlike bydrae tot hierdie album met menigvuldige lyne op viool en alt-viool en word ook in hierdie konsert gesien.