Digitale Learning Community 11 Maart 2021

Thu Mar 11, 10:00 - Thu Mar 11, 12:00

Event is online

ABOUT

Ekerk bied met trots ons eerste Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie digitale geleentheid toe op Donderdag 11 Maart 2021.


Ons gaan tydens die oggend uit verskillende hoeke die soeklig laat val op nuwe verstaan van geloof, menswees en leef in hierdie tyd waar alles altyd in teenpole opgestel word. Ons wil graag tydens hierdie geleentheid mense help om 'n nuwe middel te ontdek met nuwe vrae en nuwe maniere van leef binne die koninkryk van God.


Moet nie hierdie unieke leergeleentheid misloop nie!

 

Tema: Draadsitters vir Jesus: Die Bybelse middelgrond in 'n tyd van kampgevegte.


Plek: Regstreeks deur middel van video


Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 24 URE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Neem asb kennis dat jy moet betaal en registreer om deel te neem. Geen betaling of registrasie, geen toegang.*


Tyd: 10:00 – 12:00


Datum: 11 Maart 2021


Koste: R50 pp


Neem asb kennis dat die kaartjieverkope sluit om 11 Maart 2021 om 06:00.

 

Sprekers vir die oggend:



  • Dr Roedolf Botha (leraar, teoloog, kerkplanter) gesels oor "Aristoteles en die Verlore Seun: draadsit as die nuwe opstaan vir Jesus"
  • Dr Ena Bromley (Ph.D., M.Sc., statistical geneticist, genetic epidemiologist and visionary) gesels oor "Moderne mediese wetenskap in die tyd van Covid-19. Bring dit verdeeldheid of bring dit ons bymekaar?!"
  • Prof Stephan Joubert (teoloog, skrywer) gesels oor "Wysheid, waarheid en genade as die regte middelgrond in 'n tyd van min insig, groot onsekerheid en godsdienstige kampgevegte"
  • Dr Koos van der Merwe (predikant, bekroonde liedskrywer, digter) gesels oor "Vir watter draad sal ek my lewe gee?"


Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie leergeleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy 'n kaartjie gekoop het.


* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie