No under 18s

Katryn & Masch @ Vrede en Lust

Sat May 22, 09:00 - Sat May 22, 12:00

Vrede en Lust

ABOUT

Daar is min dinge so lekker soos ’n glasie wyn saam met vriendinne! En hoekom dit dan nie in styl doen nie?!

 

Teen dié tyd is die Masch bussie ‘n bekende gesig op Stellenbosch, en nou nooi Katryn Katryn en Madri Scherman (eienaar van Masch) jou saam vir ’n “girls’ day” in hierdie bekende blou Volksie-bus. 

 

Ons vertrek vanaf die Masch winkel in Dorpstraat 115, Stellenbosch, en ry na die gesogte Vrede en Lust wynplaas in die Franschhoek vallei. Daar ontmoet ons hul knap wynmaker, Karlin Nel, vir ’n begeleide toer van die wynkelder, en jy gaan die geleentheid kry om self ‘wynmaker’ te speel en jou eie wyn te meng en proe. 

 

Daarna doen ons ’n wynproe en sjokolade pairing saam met Karlin, en ons sluit af met ’n Vrede en Lust wyn en ietsie te eet uit die Lust bakkery daar in die wingerd.

Na ons laaste “cheers!”, ry ons met die bussie terug na die Masch se winkel. 


Kostes: R700 per persoon

 

Dit sluit in:

  • die rit in die vintage Masch Volksie bus
  • die wyn (welkomdrankie, wynproe en glas wyn in die wingerd)
  • ’n eethappie van Lust bakkery
  • afslag op ’n Masch rok en handsak (slegs geldig vir daardie dag, verdere afslag as jy dit op die dag dra)
  • afslag op ’n toekomstige Vier jou Vrouwees-fotosessie

 

Daar is ook ’n spesiale bottel Vrede en Lust wyn te wen op die dag. 

 

Ons het slegs ses kaartjies beskikbaar, so kry jou vriendinne om ook hul kaartjie te koop, maak die bussie vol en kom kuier saam met ons!