FREE OPTIONS
Family friendly

ENCOUNTER Konferensie 2022

Fri Sep 30, 18:00 - Fri Sep 30, 22:00

Lewende Woord Kaap

ABOUT

ENCOUNTER Konferensie 2022


IGNITE YOUTH, Lewende Woord Kaap se jeugbediening onder leiding van Tanya Kruse, bied hierdie jaar ons eerste tienerkonferensie aan!


Ons hart is vir tieners om te GLOEI deur passievol vir Jesus te leef, om te GROEI deur daders van die Woord te wees en om te BEWEEG en die koninkryk van Jesus uit te brei.


Die tyd is nou

Dis jou tyd

Dis ons tyd

BEGIN BEWEEG

Die hemel wag op jou JA

Sal jy opstaan?

Sal jy gaan?

ONBESKAAMD...

...voor Hom buig?

...voor Hom dans?

Jy is die nuwe generasie

Kom ontdek jou TRIBE

Kom ontdek GOD


Die konferensie vind plaas op Vrydag 30 September (18h00 - 22h00) by Lewende Woord Kaap.


Die koste om die konferensie by te woon is R150 per persoon. Die kaartjie sluit kos in vir die aand.


Die konferensie is vir leerders 12-18 jaar.


Ons hoop om jou daar te sien! Kom met 'n groot verwagting!


Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 067 415 6598 of [email protected]

DIRECTIONS

ENCOUNTER Konferensie 2022
Lewende Woord Kaap
Weld St & Viro Cres, Bellville, Cape Town, 7530
Get Directions