Family friendly

Brits: Lollos Reënboogstories

Tue May 24, 13:00 - Tue May 24, 14:00

Laerskool Brits

ABOUT

Die Lollos span besoek BRITS met hulle opwindende nuwe vertoning, genaamd Reënboogstories!"


Hoekom 'n vertoning in skooltyd of direk na skool?

Baie mammas en pappas wil graag hul kinders die geleentheid gun om ook 'n Lollos vertoning te kyk, maar dit is nie altyd moontlik om vir die hele gesin kaartjies te koop nie. Op hierdie manier, kan die kind die vertoning saam sy/haar klasmaats bywoon en ouers betaal dan slegs die kind se kaartjie in plaas daarvan om kaartjies vir die hele gesin te moet koop. Mammas/pappas/boeties en sussies is egter steeds welkom om ook hul eie kaartjies te koop hier op Quicket indien jul kies om ook die vertoning by te woon! Lollos is opvoedkundig van aard en almal geniet hulself gate uit!


Indien jou kind se skool/klassie wel die vertoning as geheel gaan bywoon, kan u die kind se kaartjiegeld saamstuur skool toe, en die onderwyser sal hul op die klasregister afmerk. U kan slegs vir uself, of enige ander persoon hier op Quicket kaartjies koop. Indien u nie seker is of u kind se skool/klas deel is van hierdie reeling, kontak ons gerus by 065 298 3864.


MEER OOR DIE VERTONING:

Lollos is so bly hy kan weer by sy maats kom speel; hy het sommer dadelik by die eerste reënboog afgegly aarde toe om saam met hulle te kom dans! Hy het natuurlik op die kleur blou gegly, want blou en groen is sy gunsteling kleur. Disco hou weer niks van groen nie. Dit maak hom bang, maar geel maak hom weer opgewonde! Karla dink aan kwaad word as sy rooi sien en Lettie raak gelukkig wanneer sy dink aan pienk!


...Maar hoekom het Lollos op ’n reënboog afgegly en nie net sy vlerkies gebruik nie? Kom dans saam met die Lalalanders terwyl hulle leer oor emosies en al die kleure van die reënboog en vind uit! 


Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR & COVID REGULASIES GELD

*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100pp. Sien verskeie betaalopsies.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos handelsmerk se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien ons genoodsaak word om die vertoning aan te skuif weens Covid regulasies, sal u kaartjies geldig wees vir die nuwe datum.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in die mooie BRITS, DINSDAG MIDDAG, 24 Mei 2022 om 13:00 by Laerskool Brits (Wicht straat).


SITPLEKKE:

Piekniekstyl! Aangesien die vertoning hoofsaaklik vir kinders gehou word in skooltyd, sal daar enkele stoele uitgepak word vir volwassenes om op te sit.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters. As gevolg van Covid, sal geen fotos na die tyd saam met die karakters geneem word (soos wat voorheen die gedoen is nie).


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:

*Covid regulasies geld.

*Indien u kind nie die vertoning saam met sy/haar skool/klas bywoon nie, maar saam met u, sal u kind u eie verantwoordelikheid wees. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.

*Kinders onder 6 jaar hoef nie 'n masker te dra nie.

*Kaartjiehouers gee toestemming aan Kindervermaak om hulle te kontak rakende kindervertonings in die area.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

DIRECTIONS

Brits: Lollos Reënboogstories
Laerskool Brits
Wicht St, Brits, 0250
Get Directions