No under 13s

Marion Holm - Holmruggery (Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022)

Fri Oct 14, 19:30 - Fri Oct 14, 21:00

Centurion Theatre

ABOUT

Die legendariese en skreeusnaakse MARION HOLM bring haar vertoning van Holmruggery wat al by al wat ‘n fees is gewys het na die Centurion Teater. “Hierdie is ‘n vertoning waar almal net kan lag en ontspan…as jy wil huil en wroeg, gaan kyk liefs iets anders,” sê Holm self.


Selfs Marion Holm het die laaste twee jaar weinig rondom haar kon sien om oor te lag. Toe besluit sy om deur haar vertonings van die afgelope 17 jaar te gaan krap en dáár laggoed te gaan soek, want die hemele weet, lag moet ons nou lag.


Só het dit gekom dat sy stories van lank terug op ’n nuwe manier inspan in die vertoning Holmruggery om vir ons emosionele verligting te bring in ’n tyd waarin dit voel of die ellende ons verswelg. Maar dit sal nie! Want ons het die heel beste teenvoeter: LAG.


Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022


Die Centurion Teater is bekend en bekroon vir haar top-klas, knus en kwaliteit vermaak van alle soorte. Met ‘n prioriteit en fokus op kunste vir die gemeenskap word jong, oud en almal tussen-in genooi vir ‘n ontsnapping van die soms donker realiteit – Teater se eenvoudigste doel.


Die Centurion Teater LEKKER-LAG Fees 2022 bou voort op hierdie missie en bring DRIE ongelooflik-snaakse komediante op die planke vanaf Sept tot Okt 2022 in drie mag-nie-misloop vertonings. “In donker dae kan ‘n giggel die straal lig wees wat almal nodig – tot Eskom kan nie ‘n lag afsit nie,” sê Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, bestuurders en eienaars van die teater.


Op 15 September skop SCHALK BEZUIDENHOUT die fees af met sy wel-bekende sin van humor en grappies in sy nuwe eenmanvertoning – KEEPING UP. Dié vertoning is ook die begin van sy nuwe toer wat daarna oor die land gaan reis.


Op 29 September kom die baie bekende komediant en seksuoloog TIMOTHY KIESWETTER die gehoor laat skaterlag in ‘n vertoning “ ‘n Joke van ‘n Huwelik” waarin hy groot knoppies druk en in diepte kyk na die verhouding van ‘n huwelik asook nodige tips gee oor hoe om die sekslewe ‘n nuwe vibrasie te gee. Gaste kan ook uitsien om na die vertoning ‘n hele reeks seks-speelgoed te koop om huis toe te neem.


Die Lekker-Lag Fees 2022 kom tot ‘n giggelende einde op 14 Oktober met die legendariese en skreeusnaakse MARION HOLM in haar vertoning van Holmruggery wat al by al wat ‘n fees is gewys het. “Hierdie is ‘n vertoning waar almal net kan lag en ontspan…as jy wil huil en wroeg, gaan kyk liefs iets anders,” sê Holm self.

           

SPESIAAL: Diegene wat vir AL DRIE vertonings kaartjies koop en ‘n e-pos stuur aan [email protected] om dit te bevestig, kry ‘n gratis R50 UBER voucher. Nou kan gaste om lag, kom drink én veilig by die huis uit kom – DIS MOS NOU HOE MENS MAAK!

 

Kaartjies is by Quicket of by www.centurionteater.co.za beskikbaar.

R200 pp per vertoning. Beperkte sitplekke beskikbaar. 

DIRECTIONS

Marion Holm - Holmruggery (Centurion Teater Lekker-Lag Fees 2022)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions