Family friendly

Jan en die Boontjierank (Kinderteater) - Terug op Populêre Aanvraag!

Fri Oct 7, 10:30 - Sat Oct 8, 11:30

Die Centurion Teater

ABOUT

- SOLD OUT -


Die Centurion Teater bied aan

Jan en die Boontjierank

Die Treffer-Kinderteater vertoning is TERUG op populêre aanvraag!


'n Jan maak altyd 'n plan! Hierdie Jan gaan 'n GROOT plan moet maak op sy REUSE avontuur! Die Centurion Teater in samewerking met die Scenario College Studentefonds bied 'n pantomime avontuur aan vol lekker-lag, pret en 'n onvergeetlike storie-kyk ervaring vir jonk ên oud! Na 'n UITVERKOOPTE debuut is hierdie treffer-vertoning terug vir NOG TWEE VERTONINGS in die Oktober Vakansie!


Kom kyk hoe kry Jan se streke hom in die sop van 'n reus se pot, hoe drie bone 'n nuwe wêreld oopmaak en hoe lewenslesse soms in die vreemdste vorms kan kom. Help vir Jan deur sy avontuur, oorwin die reus en leer 'n les saam met die vertellers en karakters!


Word vervoer deur musiek, grappies en lekker-lag toneel! Hierdie produksie is nie een om te mis nie!


Datums: Vrydag, 7 Okt 2022 en Saterdag, 8 Oktober

Tyd: 10h30

Kaartjies: R100 pp (kinders onder 3, kyk gratis).


Ten bate van die Scenario College Studentefonds.

DIRECTIONS

Jan en die Boontjierank (Kinderteater) - Terug op Populêre Aanvraag!
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions