Family friendly

Sonnekas Poppeteater bied aan: Frikkie en Prikkie se Lentedroompie (Kinderteater)

Thu Oct 6, 10:30 - Thu Oct 6, 11:30

Die Centurion Teater

ABOUT

Die Sonnekas bied aan: Frikkie en Prikkie se Lentedroompie

 

Frikkie & Prikkie, ons twee geliefde muismaatjies, is baie ongelukkig. Dit is al lankal Lente, maar hulle spesiale Lentebloeisel blommetjie wil net nie groei nie! Gesels help nie, liedjies sing help nie, mooi praat help nie! Die twee moedelose muise besluit om by hulle niggie, Strikkie Muis te gaan raad vra. 


Strikkie Muis moet hulle help. Maar o wee! Strikkie Muis is nie verniet Sonneland se stoutste meisiemuis nie! Sy besluit om die blommetjie op haar eie manier op te pas. Frikkie & Prikkie se Lentebloeisel blommetjie lyk nie lekker nie – hy het nou sommer dorings!


Blommetjie en die maats sal moet help met ‘n plan!


Grootmaats kan gemaklik op stoele sit en die kleinmaatss kan op die lekker mat voor die verhoog sit.

Kinders onder 2 is gratis.

DIRECTIONS

Sonnekas Poppeteater bied aan: Frikkie en Prikkie se Lentedroompie (Kinderteater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions