Boeremusiek en Mirrorballs

Wed Nov 30, 20:00 - Wed Nov 30, 21:20

Endler Hall

ABOUT

Die gewilde pianis Rocco de Villiers en sy orkes toor met gewilde keurspele van Jim Muller, en immergroen treffers van Nico Carstens soos “Die klokkiewals” en “Zambezi”, Hansie Roodt se “Warm snare” en die legendariese boeremusiek-vioolspeler, oom Mynie Reyes, word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Hierdie moenie-mis-nie-konsert is ’n huldeblyk, ’n reis van nostalgie, en ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet. Voeg daarby ’n uitgevatte orkes, Rocco se sin vir humor, en almal se voete is gewaarborg om te jeuk!


Kunstenaars:

Rocco de Villiers

DIRECTIONS

Boeremusiek en Mirrorballs
Endler Hall
Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions