No under 18s

Elandré LIVE at Aandklas Stellenbosch

Fri Mar 3, 19:00 - Fri Mar 3, 23:00

Aandklas Stellenbosch

ABOUT

Elandré is een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse kunstenaars en is bekend vir sy live shows wat almal aan die sing en dans het, so daarom het ons besluit om hom na Aandklas toe te bring! Vuur Op Die Water, Tussen Die Lakens, Woorde Uit Jou Mond, en Binne & Buite is maar net 'n paar van die songs wat verwag kan word!


Elandré sal na 21h00 optree.


Tickets will be R80 via Quicket and R100 at the door


If you have any queries regarding this event, please don't hesitate to contact us via WhatsApp on 069 754 4046


No under 18s.

Right of admission reserved.


Meer oor Elandré:

Elandré het in 2016 met sy tuisvideo van die Bruce Springsteen treffer Tougher Than The Rest sy eerste merk gemaak op sosiale media, en die Afrikaanse-musiekbedryf. Met miljoene trefslae het hierdie in-die-oomblik video gelei tot die Oos-Kaapse kunstenaar se debuut album: Kleindorp-Dromer.


Met oorspronklike snitte, vanuit sy eie pen, soos 'Afrikaans Sal Bly', 'Die Lyn' en 'Honderd Duisend Maal', het Elandré se debuut album sy veelsydigheid as skrywer, asook die eenvoud van die kleindorp-ondervinding, met nostalgiese-, country- en moderne pop-klanke bevestig.


In 2019 is die sukses van sy eerste album gevolg met die konsep-album: Boomhuis. Die eerste enkelsnit, Vuur op die Water, het 'n nuwe kleurryke fase vir die voormalige teaterstudent aangekondig. Die musiekvideo vir dié enkelsnit het miljoene trefslae opgelewer. 


Dit was opgevolg met esteties-kragtige en droomagtige musiekvideos: soos die afskeidsballade Tussen Die Lakens, die romantiese bas melodië van Woorde Uit Jou Mond, en die nuutste kus-disco oplewering In Hierdie Ding. 


Sedertdien het menige getroue ondersteuners ook in sy 'Boomhuis' gekuier tydens sy landswye toere.


Sy lirieke het ook deel gemaak van die duet 'Dalk' saam met Refentse, Andriette se Sy Is Ma, en die optimistiese groepprojek Ons Maak Saak - in samewerking met Brendan Peyper, Refentse en Christia Visser


Die soms jeugdig, soms volwasse werk van Elandré word bestempel as vars, onverwags, onvergeetlik, en trots Afrikaans. Aan die hoof van elke lied, musiekvideo, of verhaal is die trefkrag egter steeds sy unieke bariton stem.


Nou is Elandré terug, om selfs nog groter golwe te maak, met sy derde album: Rugsak! 


Hierdie voortreflike nuwe versameling beloof om van sy beste werk tot dusver te wees, met aangename verrasings, en ‘n nuwe aanslag tot sy unieke lirieke en musiekstyl. 


“Ek is geleer dat ons elkeen die lewe deurgaan met ‘n rugsak. ‘n Spreekwoordelike bêreplek vir die klippe wat jy op jou lewenspad vind. Dit is in die stilte van ‘n pandemie dat ek die geleentheid geneem het om my eie rugsak om te keer, te analiseer en te vereer.” – Elandre


Ondersteuners kan nou gaan luister na die eerste enkelsnit, vanaf sy nuutste album, Rugsak. Binne & Buite is beskikbaar op alle digitale platforms! 


Pak jou rugsak en maak gereed vir ‘n nuwe avontuur! 

DIRECTIONS

Elandré LIVE at Aandklas Stellenbosch
Aandklas Stellenbosch
43 Bird St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions