Mandjie Dans - Matroos Styl

Fri Jun 30, 19:00 - Fri Jun 30, 23:00

Vygieskraal Wedding Venue

ABOUT

Ons vat dit terug na die "Goeie Ou Dae"


Ek onthou toe ek klein was, hoe my ma en pa gedans en gekuier het terwyl ek buite baljaar! 

Wanneer ek uiteindelik moeg begin word, het ek stilletjies, skrefie-ogies na hulle gekyk en kon hul liefde vir mekaar sien straal! Dan het ek sommer in 'n bondeltjie onder die tafel aan die slaap geraak! Moeg maar gelukkig! 


Dit is hierdie gelukkige herrinnering wat ons laat besluit het om "Mandjie Dans" te begin.


Teken dit sommer nou al aan in die familie jaar beplanner - laaste Vrydag van elke maand. Nuwe maand nuwe tema. So maak seker dat jy DOT Linde Events se Facebook of Instagram bladsy dophou.


Tema: Matroos Styl

Koste: R120 pp | R60 kinders onder 14

Venue: Vygieskraal Wedding Venue, Jeffreys Bay


**Bring jou mandjie vol lekker happies en sappies - geen kontant kroeg beskikbaar nie.


Jonk en oud, single, single of getroud, familie & vriende - ALMAL IS WELKOM!

DIRECTIONS

Mandjie Dans - Matroos Styl
Vygieskraal Wedding Venue
jefferys bay wind farm, sunnyside, Jeffreys Bay, 6330
Get Directions