Family friendly

Neon Fun Run / Walk

Sat Jun 1, 18:00 - Sat Jun 1, 22:00

NGK Presidentsoord

ABOUT

Trek jou neon aan en kom neem deel aan n aand van avontuur, pret, vars lug, helder kleure en lekker samesyn.


Die Neon Fun Run / Walk bestaan uit n afgebakende 5km route, wat gedraf of geloop kan word, as individu, of saam in n groep (the more the merrier!!)

Sekuriteit en puntsmanne, in samewerking met Afriforum en die CPF, sal voorsten word om die voertuie en diegene wat deelneem aan die fun run, veilig te hou.


Die roete begin stiptelik 18:00 vanaf Strakoschsirkel, NGK Presidentsoord, en lei deur Petersfield, Petersfield Extension en terug na die beginpunt. Daar sal waterpunte langs die roete beskikbaar wees.


Kaartjies kan ook aangekoop word op die dag van die pretloop, asook die neon rompies en baadjes. Daar sal ook n "glowstick" stalletje sowel as kosstalletjies beskikbaar wees gedurende die verloop van die aand.


Die roete is van maklike aard, en is vir enige ouderdom en fiksheid vlak geskik. Kinders onder 10 moet net wel deur n volwassene vergesel word. Die doel van die aand is PRET! Daar sal wel n prys wees vir die wenner, die "best dressed" en ook die groep met die meeste GEES!


So bring jou NEON, bring jou GEES, bring jou vriende en familie, en kom deel saam in die PRET!


DIRECTIONS

Neon Fun Run / Walk
NGK Presidentsoord
5 Strakosch Cir, Petersfield, Springs, 1559
Get Directions