Family friendly

FATMAN @ Karel Theron Merino Makietie

Fri Sep 13, 19:00 - Fri Sep 13, 22:00

Primêre Skool Karel Theron Skoolsaal

ABOUT

FATMAN kom kuier in die Karoo, en dié opskop is een wat jy beslis nie wil mis nie. Met treffers soos "DORP TOE", "VUIL COKE" en "TANNIE KATESBES", gaan Kamp Kommandant FATMAN sorg vir die partytjie van die jaar. Stig 'n WhatsApp groep met jou vriende, trek aan jou DKW's, start die enjin, en kom DORP TOE!


Slegs goeie tye wag vir jou by die Merino Makietie. Lekker kos en keelbederfies gaan te koop wees, so maak seker jy is gereed vir 'n jol!


Die Karel Theron Merino Makietie is dié jaar in sy derde jaar, en beloof om in 2024 die bêêêste een ooit te wees! Die program is propvol aktiwiteite vir jonk en oud, so moenie uitmis nie - kom kuier lekker saam met die hele kontrei voor FATMAN se optrede! Kaartjie sluit toegang tot die feesterrein in.


*Bepalings & Voorwaardes geld | Reg van Toegang voorbehou | Geen inbring van eie drink-/eetgoed nie

DIRECTIONS

FATMAN @ Karel Theron Merino Makietie
Primêre Skool Karel Theron Skoolsaal
Victoria St, Middelburg - Ec, Middelburg, 5900
Get Directions