No under 16s

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2024: Ottosdal

Wed Apr 17, 07:00 - Wed Apr 17, 17:00

Ottosdal Skougronde/Showgrounds

ABOUT

Grond is waar alles vir die landbou begin. Die stille held wat gewasse voed en lewe onderhou. Tydens ’n herlewingslandboukonferensie op Ottosdal gaan ons ontdek hoe kennis van grondeienskappe en -gesondheid saam met ander landboupraktyke ingespan kan word om 'n boerdery volhoubaar en veerkragtig te maak.


Landbouweekblad en die Ottosdal-geenbewerkingsklub se Hannes Otto Herlewingslandboukonferensie op 17 April 2024 is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


’n Moet vir jou boerdery, want:

– Jy gaan leer by kenners en wetenskaplikes aan die voorpunt van navorsing en kers opsteek by boere wat elke dag herlewingslandboupraktyke op hul plaas leef en toepas, en miskien nog belangriker die heeltyd aanpas.

– Jy kan praktiese wenke kry om winsgewendheid op jou plaas te verbeter omdat herlewingslandbou jou in staat stel om 'n oes af te haal met minder insetkoste, terwyl jy jou biologiese bates soos jou grond en natuurlike weiding deurgaans uitbou.

– Jy gaan eerstehands tydens 'n plaasbesoek saam met kenners in die veld stap en tydens boereproewe kan sien hoekom herlewingslandbou vir boere werk.

– Jy kan skouers skuur en netwerke opbou met 'n gemeenskap van boere wat net soos jy goedkoper en meer volhoubaar wil boer en wat reeds aansienlike skoolgeld betaal het in die verband.


Kom luister na:


Boere

Desmond Meyburgh, Tweeling (Vrystaat)

Christian Schlotfeldt, Rustenburg (Noordwes)

Magnus Theunissen

Attie Smook

Dirk Laas

Hannes Otto


Kenners

Fritz Otto, Makarios Agri

Hendrik Smith, Asset Research

Liane Erasmus, Asset Research

Herman Enslin, Real IPM

Themba Rikhotso en Pascal Siphugu, Land Bank

Dawie du Plessis, Agricol

Michael van Rooyen, NWK

Ruan Gagiano, Kynoch Fertilizer

Murray Grobler, Barenbrug

Mark Stewart, AGT

’n Verteenwoordiger van Limagrain


 ’n Kaartjie kos R600.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur Land Bank, Case IH, Standard Bank, Barenbrug, Bayer, Agricol en Real IPM.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2024: Ottosdal
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
Koster St, Ottosdal, 2610, South Africa
Get Directions