Hans Gee Herklaas Horings - met Tobie Cronje (Leftfoot Naweek Kunstefees @ Die Centurion Teater)
Fri May 24, 19:30 - Sun May 26, 16:15
Die Centurion Teater
ABOUT
RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Tobie was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Teatergehore kry nou die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke en beloof om gehore te laat skaterlag.
Met: Tobie Cronjé en Ignatius van Heerden
In samewerking met Innibos
Regisseur Tobie Cronjé
Vervaardiger Leftfoot Theatre Productions
Skrywer Rudie van Rensburg
Beligtingsontwerp en tegniese versorging Loren Nel
Kostuums Hollywood Costumes
Klankbaan Wesley West