Sport Mind Coach - Ontsluit jou Innerlike Kampioen

Tue Apr 30, 18:00 - Tue Apr 30, 20:00

Lutzville

ABOUT

Het jy al gewonder hoe jy 'n kompeterende voordeel kan ontwikkel?


Vind jy dat jou kop somtyds in die pad kom van jou prestasie of dat die oomblik jou oorweldig? Of dat jy beter doen in oefening as in kompetisie? Of dat sekere spelers of ander spanne jou negatief beinvloed. Of dalk wil jy net meer leer oor hoe jy jou denke beter kan aanwend om jou prestasie te verbeter? Of is jy dalk 'n ouer wat wil weet hoe om jou jong atleet beter te ondersteun? Of dalk is jy 'n afrigter, onderwyser of sport organiseerder wat graag die verstandelike aspek van sport wil versterk?



?Sou jy ja beantwoord het op enige van die bogenoemde moet jy beslis kom luister, want daar is heelwat kennis, vaardighede en tegnieke wat jy kan leer om 'n kompeterende voorsprong te ontwikkel.


Onthou - Fisiese vermoëns en talent is nie die enigste aspekte wat tot sukses lei nie. Wat jy dink en waar jou gedagtes gaan, is die verskil tussen ‘n uitsonderlike en ‘n gemiddelde presteerder.




“Dit is al keer op keer bewys dat die atleet met die beter ingesteldheid, beter presteer.”


Om verstandelik sterk te wees is die begeerte van elke mededingende atleet. Dit is ook wat uitsonderlike en gemiddelde presteerders van mekaar onderskei. Soos enige vaardigheid wat aangeleer en ontwikkel kan word, so kan verstandelike sterkte ook ontwikkel word. Dit is nie net geneties nie en hoewel dit makliker is vir sommige spelers as vir ander, kan dit aangeleer en ontwikkel word.

Deur verstandelik sterk te wees, kan jy jou talent en vaardighede versterk en verbeter. Die gebruik van denkvaardighede, visualisering, selfvertroue bou en ander tegnieke, kan jou prestasie verbeter.




"Daar is baie nuttige tegnieke wat jou kan help om jou ‘n kompeterende voorsprong te gee, solank jy bereid is om nie net jou liggaam nie, maar ook jou verstand te ontwikkel."


Die “Sports Mind” werkswinkels is spesifiek ontwerp om praktiese opleiding te verskaf om die verstandelike benadering tot sport vir atlete, afrigters, ouers en administrateurs te verbeter.


Waaroor gaan ons gesels:





  • Wat jy dink beinvloed jou prestasie.
  • Hoe praat jy met jouself en hoe jy dit kan verander.
  • Waar kom druk vandaan en hoe hanteer jy druk.
  • Struikelblokke, angs en vrees.
  • Hoe hanteer jy sukses en mislukking.
  • Hoe om positiewe ankers te skep.
  • Die rol van die speler, afrigter en ouer.


Wie moet bywoon:

Afrigters, ouers, bestuurders en enige iemand wat betrokke is by spelerprestasie-verbetering.


Dit word ten sterkste aanbeveel dat ouers ook die sessies bywoon en daarom is daar 'n spesiale tarrief vir Familie besprekings.


Koste:

R 350-00 per persoon

Familie van 2 of meer sal R 275-00 per persoon wees.

Span besprekings kan ook gedoen word.


Plek:

Lutzville - Sal nog bevestig word


Aangebied deur Bennie Louw

Bennie is daartoe verbind om atlete, hul gesinne en afrigters te help om hul lewens deur sport te verryk deur lewensvaardighede aan te leer om hoë vlakke van prestasie te bereik en hul sportdeelname te geniet.

Bennie het meer as 15 jaar ondervinding om afrigters, ouers, sportmanne en -vroue, van amateur tot wêreldkampioene, met hul verstandelike benadering tot sport te help. Bennie werk met kliënte op individuele grondslag en bied ook werkswinkels en spangeleenthede regoor Suid-Afrika aan.

Die doel van verstandelike afrigting is om aksie te inspireer en die vlak van aksie is 'n direkte gevolg van jou denke. Deur verstandelike afrigting kan jy die vlak van jou denke verhoog, jou beperkings oorskry en uitdagings en blokkasies oorkom om die resultate te bereik wat jy verlang


https://sportmindcoach.co.za/

?



DIRECTIONS

Sport Mind Coach - Ontsluit jou Innerlike Kampioen
Lutzville
Vredendal, 8160
Get Directions