FREE OPTIONS

KLubdag - 22 Februarie 2024

Mon Apr 22, 13:25 - Mon Apr 22, 14:10

Hoërskool Jan van Riebeeck -verskeie

ABOUT

Vir klubdag kan jy uit enige van die onderstaande klubs kies om dit te gaan bywoon:


#JanMEDIA: Hierdie sessie is slegs oop vir fotograwe wat aan die klub behoort. Fotograaf Lindsey Appolis kom deel sy kennis en 'n paar "tricks"met julle. Bring jou kamera saam.


#JanTALE (Rotary debating): ‘n Debat tussen spanne oor aktuele saak [Auditorium A]


#JanTALE (Afrikaans): “Speedwriting” met die oog daarop om beter kortverhale te skryf. [Juf. C. Raath klas]


#JanJuniorleier (slegs gr. 8 + 9) Ons gesels met leerders oor die proses om deel te word van die Junior Stadsraad. Ons ondersoek ook die moontlikhede daarvan, hoe om betrokke te raak, wat die aansoekproses behels en wat die verwagtinge is indien jy daarin sou belangstel. [Mnr. W. Kastoor klas]


#JanDans Kom ervaar verskillende dansstyle en ritmes! [Saal]


#JanGROEN Aardedag – informasie sessie, quiz en “pledge”. [Juf. A. Nimmo]


#BBC Bible Breakfast Club : Praise and Worship sessie en ‘n gasspreker gaan die sessie verder lei. [Amfiteater]


#AkwaJANika Akwaponika berei grond voor vir blomme en 'n vistenk vir koi teling. [Akwaponika tonnel]


#JanGeld Ons gaan gesels oor aandele en ‘n bietjie rondspeel op die Easy Equities platform waarop aandele gekoop kan word. [Juf. L. Buhrmann]


#JanOMGEE Luculle Boonzaaier, van die SPCA, gaan met die leerders gesels oor die werk wat hulle doen. [Juf. E. Bosch]


#JanBIB Speker Dr Anneri van der Merwe oor hoe publiseer mens 'n boek. [biblioteek]

Annari van der Merwe ( matriek 1966 )

Annari van der Merwe het haar uitgewersloopbaan in 1978 by Tafelberg-uitgewers begin as hoof van die kinder- en jeugboekafdeling, en in 2008 afgesluit as uitgewershoof van Random House in Suid-Afrika, waar haar hooftaak die opbou was van die druknaam Umuzi, wat in Julie 2005 geskep is. Haar uittrede het saamgeval met die samevoeging van die plaaslike Random House en Struik New Holland Publishers om Random House Struik te vorm. By Tafelberg was Annari later as skakelredakteur onder meer verantwoordelik vir dié uitgewery se reklame en buitelandse regte. In 1994 is sy deur die Naspers-groep aangestel as hoof van die pas gestigte Kwela Boeke wat ten doel gehad het om algemene uitgewery meer verteenwoordigend van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te maak. Sedert haar uittrede uit die uitgewery skilder sy voltyds.


#JanKaap Leerders betaal vooraf R15 via Karri/Petula om plek op bus te bespreek. 60 minute begeleide uitstappie in BoKaap area.  [Bo-Kaap]


#JanStap Stap halfuur in Tafelberg Pyplyn [Tafelberg]


#JanBot Ons beplan om basiese HTML te doen. Gemik op Graad 8, 9 en 10 (veral die wat IT of RTT wil neem) [IT-lab]


#JanKuns Ons beplan om verder te verf aan die muur by die akwaponika-tuin. [Ontmoet by kunsklas]


#JanStrepies Kreatiewe speletjies sal gespeel word om taal en kultuur te verken. [Juf. L. van Heerden]


#Noodhulp Hersiening van goeie noodhulpprosedure deur Tobi de Ruyter- Oop wond, beenbreuk, harsingskudding en bewusteloosheid [FW lab]

DIRECTIONS

KLubdag - 22 Februarie 2024
Hoërskool Jan van Riebeeck -verskeie
129 Kloof St, Gardens, Cape Town, 8001
Get Directions