No under 18s

Okiep Country Hotel Okiep 1 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"

Mon Jul 1, 18:30 - Mon Jul 1, 22:00

Okiep Country Hotel

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Okiep Country Hotel bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure oop vanaf 6.30pm, die vertoning begin so teen 7.30.

'n LIGTE ETE word by die kaartjieprys ingelsuit en daar sal 'n kontant en kaartkroeg beskikbaar wees. Vir navrae skakel: +27825697158 of epos [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. "Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel", meen Sandilands.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou die 1 Julie en ek belowe ons sal Woestynroos sing. Die liedjie is mos daar gebore.

DIRECTIONS

Okiep Country Hotel Okiep 1 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"
Okiep Country Hotel
Main street, O'Kiep, 8270
Get Directions