No under 16s

African Vineyard Kanoneiland Upington 2 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"

Tue Jul 2, 18:00 - Tue Jul 2, 22:00

AFRICAN VINEYARD KANONEILAND

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


African Vineyard, Kanoneiland, Upington bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band, "Land & Sand".

Deure maak 18:00 oop. Spys & Drank beskikbaar. Vertoning neem aanvang 7PM. Vir navrae: 0834611724 of e-pos: [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 2 Julie by African Vineyard, Kanoneiland, Upington!!! Die rook gaan draai.

DIRECTIONS

African Vineyard Kanoneiland Upington 2 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"
AFRICAN VINEYARD KANONEILAND
Plot 79, 8806
Get Directions