No under 16s

Loopstraat Potchefstroom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 27 Julie 2024

Sat Jul 27, 18:00 - Sat Jul 27, 22:00

Loopstraat

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


BEPERKTE SITPLEK!!!!! SLEGS 80 KAARTJIES BESKIKBAAR!!

Loopstraat bied aan met trots: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Dis die tweede keer dat Neil hier kom draai. Dié keer bring hy die volle band! Deure open vanaf 6NM. Spyse & Drank te koop. Die vertoning neem aanvang 7.30NM. Vir navrae rig e-pos aan: [email protected] of skakel: +27 82 571 8557


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 27 Julie by Loopstraat, Potjiesstroom!


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands



DIRECTIONS

Loopstraat Potchefstroom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 27 Julie 2024
Loopstraat
37 Loop St, Potchefstroom, 2531
Get Directions