No under 18s

Neil Sandilands & Die Band - "Land & Sand" - LIVE at Daisy Jones Stellenbosch

Sat Aug 3, 17:00 - Sat Aug 3, 23:00

The Daisy Jones Bar at OMG

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy.


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet Tooth, The Flash, The 100, asook plaaslike reekse Die Groot Niks, Desert Rose, & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries.

Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel. Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands &Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 3 Augustus by Daisy Jones!


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands


Deure maak 17h00 oop.

Geen onder 18s.

Reg van toegang voorbehou.

DIRECTIONS

Neil Sandilands & Die Band - "Land & Sand" - LIVE at Daisy Jones Stellenbosch
The Daisy Jones Bar at OMG
r44 klapmuts rd, Stellenbosch, 7613
Get Directions