Christof Berg - Cabaret, pianist & storyteller live at The Music Kitchen Sat 8th June 2024

Sat Jun 8, 19:30 - Sat Jun 8, 22:30

The Music Kitchen

ABOUT

Verhale van n nomade - 


In hierdie 80min kabaret, neem pianis en storieverteller Christof Berg, die gehoor op n unieke reis wat begin by n klein seuntjie wat grootword saam met sy mistieke Sotho kinderoppasser, Sarah, op n geheimsinnige soutplaas in die hart van die Vrystaat. Sarah het die veld goed geken en altyd van die reen gesing. Sy pa het geglo mens plant koeltebome vir die mense wat na jou kom. Musiek lei hom na n betowerende Boheemse gemeenskap in die Kaap vol kleurryke karakters en later na ver-werelde oor vreemde oseane. 

Maar is daar n pad na die land anderkant die sterre?

Die vertoning is hoofsaaklik in Afrikaans met elemente van Engels, Sotho en Xhosa. 

Oorspronklike musiek met n paar bekende liedjies van Amanda Strydom en Koos Kombuis en ook die immergewilde "Piano man".



Datum: Sat 8 Junie

Tyd: 19:30 (Deure maak 18:30 oop)

Kaartjies: R150 

DIRECTIONS

Christof Berg - Cabaret, pianist & storyteller live at The Music Kitchen Sat 8th June 2024
The Music Kitchen
69 Mangold St, Newton Park, Gqeberha, 6055
Get Directions