Koop NOU jou kaartjie, vir die LICHIES OMGEE Wynfees by CHRISTIES GASTEHUIS, 19OKTOBER'19 , tussen Lichtenburg en Coligny!

LICHIES OMGEE Wynfees

Sat Oct 19, 10:00 - Sat Oct 19, 19:00

CHRISTIES GUEST HOUSE

ABOUT


Lichies Omgee se vyfde wynfees word in 2019 gehou by Christies gastehuis.


LICHIES OMGEE WYNFEES 2019


Lichies Omgee se vyfde wynfees word vanjaar by Christies Gastehuis gehou waar daar ’n rustige plaasatmosfeer onder die skaduryke jakarandas heers. Dis hier waar die feesgangers van vroeg af reeds byeen kan kom om hulle families, vriende en kollegas te bederf.

Dis die perfekte plek om re-unie s te hou, jaareindfunksies, kuiers saam met vriende, kollegas en familie

Tydens dié LIchies Omgee Wynfees word ‘n wye verskeidenheid wyne, vir elkeen se pallet, te koop aangebied. Pryse wissel van R50 tot R300 per bottel.


Vir ernstige rooiwyndrinkers is daar Pinotage, Merlot , Shiraz en Cabernet Sauvignon Merlot.


Sommige kenners is egter ook van mening dat witwyne deesdae meer gewild raak, daarom word daar Sauvignon Blanc, Chenin Blanc, en ook 'n heerlike Rosé vir die liefhebbers van dié wynsoort te koop aangebied.


Het julle al Marras The Trickster Cinsault, Marras Los Tros Chenin Blanc, Terra del capo Pinot Noir en Simonsig Gewurztraminer geproe? DIt is maar enkele van die heerlike wyne wat tydens die Lichies Omgee Wynfees te koop aangebied word. DIé wynlys kan verander na gelang van die beskikbaarheid van die wyne.


As jy 'n ligter pallet verkies, is daar Semi-soet, Natuurlike Soet en die baie gewilde Ratafia om van te kies.


PROGRAM VIR 2019 se WYNFEES:


Wynproe

Wynverkope

Ginverkope

Die verkoop van Bier en Kraft biere

*Boetiekwyne inligtingsessie en verkope punt (*Nuut)

[Boetiekwyne word tydens 2 sessies bekendgestel & verkoop. 10:00 en 11:30 . 10 persone per sessie. Bespreek asb. hiervoor. (*Nuut)]


Verkope van non-alkoholiese drankies

Koeldrankverkope

Markkosse

Lekkergoed

Heerlike koffie


Motoruitstallers

Rugby op 'n groot TV-skerm

Kroeg

Kid Zone met kompetisies:

*Lichies Sjefs - 'n kook kompetisie vir kinders

*Lichies Pixels – ‘n fotokompetisie vir kinders (*Nuut)

*Lichies Picassos – ‘n skilderkompetisie vir kinders (*Nuut)


Skilder saam met Jonel Scholtz

Pop-up winkels




OMDAT hierdie 'n Fondsinsameling is, word almal vriendelik versoek om geen koelsakke, drank of koeldrank na die funksie te neem nie.



Die fondse wat tydens die Wynfees geïn word, gaan aangewend word om kospakkies aan te koop!


Lichies Omgee gee jou omgee-hart vlerke!


Ons gee erkenning aan die volgende borge:

Laguna Spur Lichtenburg

The Moth [Grafiese ontwerper [email protected]]

Ok Foods

Aqua

Lichtenburg Kantoormeubels

Clover

Henwil Chickens

Oasis


DIe terrein en gaste se veiligheid word eerste gestel, deur :

Golden eye Sekuriteit


Die reg van toegang voorbehou.

Geen alkohol word bedien aan persone onder 18 nie.