Corona Kinderpakket

Wed Apr 1, 08:00 - Thu Apr 30, 23:45

Event is online

ABOUT

ALGEMEEN:

Hoe verduidelik jy aan jou kind hoe Corona Virus hulle wêreld soos wat hulle dit ken, asook die omgewing en res van die wêreld beïnvloed? Hoe kan jy jou kind gerusstel? Wat is hierdie "lockdown" en hoekom moet hul liefs in die huis bly? Hoe kan jy jou kind op sy of haar vlak van die Corona virus verduidelik?


Kinders hoor daagliks van die Corona Virus. Dit kan soms ’n uitdaging wees om oor hierdie onderwerp met jou kind te praat, veral met peuters en kleuters. Gegewe al die nuwe regulasies rondom die onderwerp, tesame met die finansiële druk wat dit vir meeste gesinne bring, verg dit baie van ’n ouer om kalm te wees en hom / haar kind gerus te stel in paniekbevange tye. Wanneer jou kleinding vra: "Mamma / Pappa, wat is die Corona Virus?", "Moet ek bang wees?", "Wat kan ek doen om te keer dat ek siek raak?" of selfs die uitmergelende "Mamma / Pappa, wat kan ek doen?" het ons die perfekte oplossing.


Kindervermaak SA het hande gevat met van Suid-Afrika se gunsteling kinderproduksie spanne om die Corona Virus aan jou kinders te verduidelik, in 'n taal wat hulle verstaan!


Lollos, Buster & Bella asook die Klikkerlanders bespreek verskeie onderwerpe rondom die virus om jou kind 'n holistiese idee te gee oor wat Corona behels en wat hulle kan doen.


Hierdie aanlyn pakket sluit in 3 episodes (een deur elke produksiespan van ongeveer 25minute elk). Gegewe regulasies asook beperkte tyd tot die spanne se beskikking, is dit belangrik om kennis te neem dat hierdie episodes NIE noodwendig in studio geskiet word en uitermatige redigering bevat nie. Alhoewel hierdie episodes ongelooflik waardevol is, is dit egter nie noodwendig die kwaliteit van DVD opnames wat oor 'n paar weke geskiet word nie.


Die pakket sluit ook verder oulike bemoedigende boodskappies in vanaf kinders se gunsteling karakters asook wenke / speletjie voorstelle en of aktiwiteite. Sien ook uit na ‘n spesiale boodskappie vanaf Clarice en haar Lieweheersbesie mascot, Rooies.


BELANGRIK: Kaartjiekopers MOET toegang tot 'n aktiewe facebook profiel hê om hierdie produk te kan gebruik.


Kaartjiekopers sal binne 24 uur 'n epos ontvang met alle inligting rakende die logistieke aspek van hierdie pakket.


Episodes en inhoud sal beskikbaar wees vanaf Woensdag, 1 April 2020 om 08:00. Inhoud sal vir 1-2 weke beskikbaar bly, indien u 'n episode mis sal u dus kan inhaal.


VERDELING:

Hooftonele / Episodes deur Lollos, Buster & Bella en Klikkerland

Aanvullend: Clarice & Rooies (Clarice & die Reënboogkids)


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, bevestig u dat u saamstem met die volgende en dit so aanvaar:

*U het toegang het tot 'n aktiewe facebook profiel.

*U het toegang tot internet.

*U aanvaar dat u kennis neem dat die episodes nie noodwendig die kwaliteit van DVD opnames is met uitermatige redigering en wat gewoonlik oor 'n paar weke geskiet word nie.

*Dit is u verantwoordelikheid om te sorg dat die epos adres, kontak nommer en ander inligting soos deur u verskaf korrek is.

*Dit is u verantwoordelikheid om ons bewus te maak daarvan indien u nie 'n inligtings epos vanaf Kindervermaak SA binne 24uur ontvang nie.

*Dit is u verantwoordelikheid om te seker te maak dat u aansluit by die private facebook groep: Corona Virus Aanlyn Kinderpakket (die skakel sal aan u gestuur word na die koop van u kaartjie).

*Die inhoud van hierdie pakket sal slegs vir 'n beperkte tydsgleuf aan u beskikbaar gestel word.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op TWITTER en INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682

WIE IS KINDERVERMAAK SUID-AFRIKA

Ons is lief vir Afrikaans & glo dis belangrik om 'n goeie Afrikaanse musiek-en teater kultuur asook Christenskap by ons kleinspan te kweek. Ons bied topgehalte kindervertonings-en vermaak aan regoor Suid-Afrika. Kontak ons gerus indien jy 'n vertoning in jou dorp wil aanbied. [email protected] / 082 410 7682 / 065 298 3864
Volg gerus ons facebook blad: https://www.facebook.com/kindervermaaksa/ 


WIE IS LOLLOS?

Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans en nou ook in Engels!  Saam met Lettie, Disco & Marli maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.

Lollos het in 2008 ontstaan met die uitreiking van hul eerste CD deur Minki Burger en Alta Joubert.  Die liedjies op die CD’s, DVD’s en vertonings is vrolik en ‘funky’ en oud en jonk sal beslis nie stil sit gedurende die opgewekte musiek nie. Daar word natuurlik ook altyd iets geleer aan die kleinspan: ABC, tel, dae van die week, opruim, gesond eet, fiks word, Suid-Afrika, die wêreld en herwin is maar net van die temas.

Minki Burger is nie meer betrokke by vertonings nie maar steeds die kreatiewe brein agter Lollos.  Alta Joubert se laaste verskyning was op Lollos 8 Skaterlag! en vir nou fokus sy eers op haar eie gesin en musiek.

Daar is reeds 10 x Afrikaanse DVD’s uitgereik deur die Lollos span en almal van hulle het platinum status bereik. 
Ons grootste prys is as kinders ons musiek geniet en heerlik sing en dans.  Ons is egter ook al beloon met fantastiese pryse: ‘n SAMA toekenning vir beste Afrikaanse kinder CD en ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste DVD verkope in Afrikaans.

Verder is daar ‘n wye reeks Lollos produkte beskikbaar: Lollos, Lettie & Foempie sagte speelgoed/poppe, T-hemde, strandballe, rugsakke, storieboek, App’s en ’n partytjiereeks.  Ons werk gereeld aan nuwe, opwindende produkte om die reeks uit te brei vir ons oulike aanhangers.

Lollos vertonings is uiters gewild en boonop byna altyd uitverkoop.
 


 

WIE IS KLIKKERLAND?

Die Klikkerland reeks is nuut, vars en kleurvol en neem die Suid-Afrikaanse kindervermaaklikheids wêreld op horings! Klikkerland is in 2012 begin deur ‘n groep talentvolle kunstenaars met ‘n passie vir kindervermaak en ‘n liefde vir teater.

Met die fokus op kwaliteit, pret en ‘n tikkie opvoedkundigheid, is liedjies beplan en getoonset, draaiboeke geskryf en kleurvolle karakters ontwikkel. Die karakters is goed beplan sodat daar ‘n persoonlikheidstipe vir elke kind is. Selfs die name van die karakters is gekies om te help om kindertongetjies te oefen om moeilike afrikaanse klanke uit te spreek! Kinders wie se huistaal nie Afrikaans is nie sal ook baat vind by Klikkerland.

Wat sê ons Klikkerland Ondersteuners se ouers:
“Klikkerland is ‘n ‘show’ wat kinders leer om hulself te wees. Dit is lekker interaktief. Die danse is nie net vol energie nie, maar die vertoning het ook ‘n waardevolle boodskap in. Dis ‘n ‘show’ wat kinders en selfs ons grootmense vermaak, en leer elke kind hoe om in te pas in die lewe.”

“Die kinders leer hoe om na hulself te kyk en gesond te lewe deur te oefen en reg te eet, maar ook om terselftertyd pret te hê. Dit maak ook die kinders bewus dat nie alle diere ‘n gevaar is nie. Dit is baie opvoedkundig in die sin dat kinders ook leer oor verskeie belangrike dinge soos diere geluide, maniere, wat hul eet, drink ens. Verseker goeie vermaak!”

“Die karakters is ‘relatable’. Elke karakter is verskillend. Woepel Wappel is stout en hou van sport en poetse bak. Boebel Babbel hou van ‘games’ speel en Tink Tinkie is meer skaam, maar ken baie interessante feite oor allerande dinge. Daar is ‘n karakter waarmee elke kind hom of haarself kan vereenselwig want geen kind is dieselfde nie. My dogtertjie, Maia is glad nie ‘n stilsit-kind nie en hou van baie praat. Sy hou van Boebel Babbel wat net soos sy is, maar sy het weer ‘n maatjie wat Tink Tinkie uitgeknip is. Klikkerland is goed deurdenk, oulik, opvoedkundig en propvol pret!”

“Klikkerland laat kinders wat anders is nie alleen voel nie. Dit inspireer oud en jonk om hulself te aanvaar soos hulle is tesame met hul talente en eienskappe.”

Klikkerland is pret en laat die harte van kinders vinnig klop van opgewondenheid! Klikkerland bied boodskappe wat inpas by vandag se lewe en vul die atmosfeer met vele energie, liefde een vreugde!



 

WIE IS BUSTER & BELLA?

ONTMOET VIR BUSTER
Buster die Brak is die hoofkarakter in 'n wonderlike wêreld waar elke kind tel. Buster is die braafste boetie wat vroeg in sy lewe reeds geleer het dat ons almal se gawes en talente SAAM die vyand kan verslaan!

Buster maak moeilikheid vir die duiwel, want hy ken die grootste waarheid en kies elke dag die LEWE! Hy weet hóé, want sy beste vriend, die Heilige Gees, het hom so mooi geleer. En nou moet hy sy nuwe sussie, Bella, ook al die wonderlike waarhede en avonture van God se plan begin wys. Hy wys haar hoe om nee te sê vir storms en vrees. Hy wys haar ook dat die Heilige Gees God se liggie is wat ALTYD in ons skyn en daarom is selfs die donker bang vir my en jou!

BUSTER met die sterk ruggraat, GROOT hart en kieliewange sal jou betower met sy briljante brein vol voorloper planne. Kom luister saam, hy is die beste honde vriend in die hele wye wêreld!



ONTMOET VIR BELLA
Buster en sy mamma het oor die afgelope jaar baie by die kinderhuis gaan kuier, opsoek na 'n maatjie vir Buster. Buster wou nog altyd 'n sussie of boetie gehad het en sy droom word uiteindelik waar.

Ontmoet vir Bella, die marmot dogtertjie! Sy is van die kinderhuis in Verlorenvlei. Bella is 'n maatjie, so bietjie soos ek en jy, maar met haar ronde brilletjies en lang ore staan sy sommer maklik eenkant en op sy. Die ander kinders dink sy is vreemd. Hulle spot haar graag en lag vir haar wit wollerige maag. Bella voel ook sy het geen talente nie en dat die uitdaging van haar nuwe lewe te groot is. Bella ontblom soos sy ‘n nuwe wêreld vir kinders om haar wys en hulle ook leer van God se roep op hulle lewens! Haar naam beteken nie verniet "Godly Example" nie. Haar pop, Makierie, is altyd by haar en sy is mal oor diere en die natuur.

Sy is lewenslustig en straal onskuld soos sy ontblom in 'n dogtertjie wat 'n nuwe wêreld vir kinders om haar oopmaak en hulle ook leer van God se roep op hulle lewens! Want soos die kleure van die reënboog skyn die talente van kinders regoor die land en Buster leer gou, met sy nuwe sussie, is twee baie beter as een.